April 19, 2021

Motorbestuurder doodgeskiet na verdagtes glo spykers in pad sit

Tselanyane sê daar word geglo die spykers is daar deur die verdagtes as ‘n lokval geplaas.

Motorbestuurder doodgeskiet na verdagtes glo spykers in pad sit

Motorbestuurder doodgeskiet na verdagtes glo spykers in pad sit Foto: rekordnorth.co.za

JOHANNESBURG. – ‘n Motorbestuurder, Sello Kgasi (58), is doodgeskiet nadat verdagtes glo spykers as ‘n lokval in die pad neergesit het.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê Kgasi was die bestuurder van ‘n minibus. Daar was nog twee vroulike passasiers in die voertuig.

Motorbestuurder doodgeskiet toe hy uitklim

Volgens Tselanyane het Kgasi oor die spykers gery en moes die minibus se band vervang. Toe hy uitklim, is hy na bewering deur die verdagtes oorval en van sy goed beroof. Hy is ook noodlottig tydens die voorval beseer. Die verdagtes het daarna ook glo die twee passasiers beroof.

Tselanyane sê daar word geglo die spykers is daar deur die verdagtes as ‘n lokval in die pad geplaas. Die polisie waarsku motoriste om versigtig te wees indien hulle in die aand ry.

Polisie op soek na verdagtes

Die polisie het ‘n 72-uur-aktiveringsplan begin wat die ontplooiing van verskillende eenhede, om die verdagtes op te spoor en vas te trek, insluit.

LEES OOK: Drie glo voor kaartjiekantoor doodgeskiet, polisie op soek na verdagtes

LEES OOK: Man aangekla van moord, sny keel in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: