April 19, 2021

Drie glo voor kaartjiekantoor doodgeskiet, polisie op soek na verdagtes

Die voertuig waarmee hulle gery het, was glo as gesteel aangemeld.

Drie glo voor kaartjiekantoor doodgeskiet, polisie op soek na verdagtes

Drie glo voor kaartjiekantoor doodgeskiet, polisie op soek na verdagtes Foto: calmatter.org

GQEBERHA – Drie mense is na bewering gistermiddag 2 Aril 2021 by ‘n kaartjiekantoor voor ‘n busmaatskappy in Storeystraat in Perridgevale doodgeskiet.

Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het dadelik beveel dat ‘n aktiveringsplan van 72 uur geïmplementeer moet word vir die inhegtenisneming van die verdagtes wat na bewering betrokke was by die moord op twee mense. Ntshinga sê ‘n onskuldige derde persoon is ook tydens die voorval doodgeskiet.

Drie voor kaartjiekantoor doodgeskiet

”Twee van die slagoffers, ‘n man en ‘n vrou, was op pad uit by die kaartjieskantoor toe daar skote op hulle afgevuur word.” Die derde slagoffer het uit ‘n winkel op die perseel gekom en is glo deur ‘n dwaalkoeël getref. Die verdagtes het daarna in ‘n silwer Honda Civic van die toneel gevlug.

Die polisie het later ‘n silwer Honda Civic sonder nommerplaat opgemerk en dit agterna gesit. Volgens Ntshinga was daar vyf mans in die motor.

Twee verdagtes al in hegtenis

“Tydens die jaagtog is ‘n vuurwapen by die voertuig uitgegooi. Die voertuig het toe in ‘n lamppaal vasgejaag. Al vyf insittendes het uitgeklim en in verskillende rigtings gehardloop.“

Die polisie het daarin geslaag om twee mans te vang. Daar is glo twee vuurwapens in hulle besit gevind. Die voertuig waarmee hulle gery het, was glo as gesteel aangemeld.

Die verdagtes (29 en 36) word aangehou op aanklag van poging tot moord, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Nog inhegtenemings moet nog vemaak word.

Die motief vir die voorval is nog nie duidelik nie.

LEES OOK: Man aangekla van moord, sny keel in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: