Man aangekla van moord, sny keel in hof

Deel hierdie storie / Share this story

PIETERMARITZBURG. – ‘n Man, Sthembiso Zondi, wat aangekla word van moord, het sy keel in die Pietmaritzburg-landdroshof oopgesny toe hy verskyn het.

The Witness berig Zondi was saam met twee medebeskuldigdes in die hof toe hy opstaan en sê: “Ek sterf eerder as om tronk toe te gaan.” Dis toe dat hy sy keel asook sy polse gesny het.

Man aangekla van moord

Die beskuldigde het ‘n “tuisgemaakte mes” gebruik. Daaar word beweer die mes bestaan uit skerpgemaakte glas wat hy moontlik van die tronk af gebring het, berig The Witness verder.

Daar is dadelik gehelp om die bloed te probeer stop. Hy het steke ontvang en is weer terug in aanhouding.

LEES OOK: Bakkie verloor beheer op Goeie Vrydag – drie dood, 14 beseer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.