April 20, 2021

Bakkie verloor beheer op Goeie Vrydag – drie dood, 14 beseer

Die 14 beseerdes is onderskeidelik na Matikeane- en Tintswalo-hospitaal geneem.

Bakkie verloor beheer op Goeie Vrydag, drie dood, 14 beseer

Bakkie verloor beheer op Goeie Vrydag, drie dood, 14 beseer Foto: Times Live

MPUMALANGA. – Drie mense is dood en 14 ander is met ernstige beserings na ‘n hospitaal geneem toe ‘n bakkie op Goeie Vrydag beheer verloor en omgeslaan het.

Bakkie verloor beheer

Moeti Mmusi sê die ongeluk het plaasgevind toe ‘n bakkie om 08:00 op die R40-pad tussen Hazyview en Marite omgeslaan het. Volgens Mmusi is twee mense op die toneel dood verklaar terwyl die derde een in die hospitaal dood is. Die 14 beseerdes is onderskeidelik na Matikeane- en Tintswalo-hospitale geneem.

LEES OOK: Bakkie ry by brug af, 16-jarige glo die bestuurder

Die groep reisigers was deel van ‘n begrafnisstoet toe die ongeluk plaasgevind het. Daar moet nog vasgestel word wat presies gebeur het, maar verlopige ondersoeke dui daarop dat die bestuurder beheer verloor het.

LEES OOK: Polisie op soek na mans wat glo meisie verkrag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: