VRYSTAAT. – Die polisie is op soek na drie verdagtes nadat hulle glo op 2 April 2021 om 02:00 ‘n huis in Kutloanong, Odendaalsrus, binnegegaan het terwyl ‘n 18-jarige vrou saam met haar vriend in die huis was.
Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die drie verdagtes het die twee glo met ‘n mes gedreig en kontant geëis. Die vrou is toe deur al drie die mans verkrag. Die vriend het die meisie probeer verdedig, maar is na bewering in die kop en nek gesteek en daarna met ‘n tou vasgebind. Die meisie is toe met geweld uit die perseel geneem waar die verdagtes haar glo weer om die beurt verkrag het. Albei die slagoffers se selfone was na die voorval weg.
Polisie op soek na drie verdagtes na beweerde verkragting
Die saak is by die polisie aangemeld en die man is na die hospitaal verwys vir behandeling en later ontslaan. ‘n Saak van huisroof, verkragting en ontvoering is vir verdere ondersoek geregistreer.
Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van hierdie verdagtes, moet asseblief speurder-kaptein Jonassen Human by 082 850 8640 kontak of Crime Stop by 08600 10111 skakel.
LEES OOK: Bakkie ry by brug af, 16-jarige glo die bestuurder
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



