April 21, 2021

Tronkstraf vir administrateur (25) vir R6,6 miljoen se bedrog

Stumke is op 23 Desember 2019 in hegtenis geneem en het toe R3,5 miljoen aan die maatskappy terugbetaal.

Tronkstraf vir administrateur wat R6,6 miljoen tydens bedrog steel

Tronkstraf vir administrateur wat R6,6 miljoen tydens bedrog steel Foto: NVG

PORT ELIZABETH. – Nuweland Agri se voormalige administrateur, An-nei Stumke (25), is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op 71 aanklagte van bedrog van R6,6 miljoen.

‘n Paar maande nadat Stumke aangestel is, het sy haar persoonlike bankbesonderhede op die .csv-lêers ingevul. Die .csv-lêers het die volledige besonderhede bevat van die betalings wat aan krediteure en werknemers gemaak word. Die lêers is dan gekopieer en op die maatskappy se internetbankprofiel gesit om massa betalings te maak. Op dié manier is daar meer as R6,6 miljoen in haar persoonlike rekening betaal.

Tronkstraf vir administrateur nadat sy in 2019 in hegtenis geneem is

Dit het tussen Junie 2016 en Januarie 2019 plaasgevind. Stumke is op 23 Desember 2019 in hegtenis geneem en het toe R3,5 miljoen aan die maatskappy terugbetaal.

Die landdros, Lionell Lindoor, het gesê sy moet tronkstraf ontvang sodat dit ander toekomstige misdadigers ook sal afskrik.

LEES OOK: Polisie op soek na mans wat glo meisie verkrag

LEES OOK: Bakkie ry by brug af, 16-jarige glo die bestuurder

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: