Bakkie ry by brug af, 16-jarige glo die bestuurder

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Bakkie wat 11 mense vervoer het en na bewering deur ‘n 16-jarige bestuur is, het beheer verloor en van ‘n brug af gery.

Arrive Alive berig die voertuig was glo deur ‘n 16-jarige wat vermoedelik onder die invloed van drank was, bestuur. “Hulle het in die rigting van Verulam gery toe hy beheer oor die bakkie verloor het. Die passasiers was ook vermoedelik onder die invloed van drank,” berig Arrive Alive verder.

Die voorval het op New Glasgow Road in Hazelmere plaasgevind. Sewe mense is na die hospitaal vir ligte tot matige beserings geneem.

LEES OOK: KYK: Vermeende smokkelaars gooi twee kinders oor grensmuur

LEES OOK: Man dood toe motor teen paal langs N1 bots

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.