April 21, 2021

Popcorn-long en vaping – Wat is die verband?

Popcorn-long of bronchiolitis obliterans, is 'n siekte wat die kleiner lugweë na jou longe, genaamd brongiolies, aantas. Dit kan letsels en vernouing van hierdie belangrike lugweë veroorsaak, wat kan lei tot kortasemheid en hoes.

Popcorn-long of bronchiolitis obliterans, is 'n siekte wat die kleiner lugweë na jou longe, genaamd brongiolies, aantas. Dit kan letsels en vernouing van hierdie belangrike lugweë veroorsaak, wat kan lei tot kortasemheid en hoes.(Foto: Pixabay)

Vaping en E-sigarette is tendense wat onlangs baie populêr geraak het en het selfs al mense gehelp om van die giftige sigarette ontslae te raak. Nou is daar nuwe studies wat bewys vapers kry popcorn-longe.

Volgens Healtline is damprook (vaping) wanneer ‘n vloeistof wat gewoonlik nikotien bevat (nie altyd nie) verhit word tot dit ‘n stoom veroorsaak wat dan deur die roker ingeasem word. Die nikotien word dan so deur die liggaam opgeneem.

Popcorn-long of bronchiolitis obliterans, is ‘n siekte wat die kleiner lugweë na jou longe, genaamd brongiolies, aantas. Dit kan letsels en vernouing van hierdie belangrike lugweë veroorsaak, wat kan lei tot kortasemheid en hoes.

Die longtoestand wat nou bekend staan ​​as popcorn-long, is die eerste keer ontdek toe werkers in ‘n springmieliefabriek asemhalingsprobleme ontwikkel het nadat hulle diasetiel ingeasem het, ‘n chemikalie wat gebruik word om voedsel ‘n botteragtige geur te gee. Diasetiel is ook te vinde in E-sigarette.

Simptome van popcorn-long

Die toestand kan tot en met agt weke neem voor dit opgemerk word.

• Droë hoes
• Hyg
• Kortasemheid

Jy word aangeraai om ‘n dokter te besoek as jy hierdie simptome beleef en jy vape.

Lees ook: So maak jy met donker kringe om jou oë(Opens in a new browser tab)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: