April 20, 2021

Simoné le Roux: ‘Ons soek steeds na haar’

Louise Nienaber, Simoné se ouma, sê hulle is teen Vrydagaand steeds op soek na haar.

Simoné le Roux se gedenkdiens (Foto's: Verskaf)

Simoné le Roux se gedenkdiens (Foto's: Verskaf)

KIMBERLEY. – Die 16-jarige Simoné le Roux is steeds soek ná sy Maandagoggend om 08:00 in Beaconsfield in Kimberley vermis geraak het.

Simoné is volgens Daan van Eeden, die huiseienaar by wie Simone se ouma, Louise Nienaber, huur, by die huis weg na sy met haar ouma gestry het.

Lees ook: Gedenkdiens vir Tersia wat in treinongeluk sterf

“Haar laaste woorde aan ons was dat haar ouma moet loop, anders gaan sy loop.”

Louise Nienaber, Simoné se ouma, sê hulle is teen Vrydagaand steeds op soek na haar.

Simoné woon by haar ouma. Haar ma woon in Pretoria en haar pa is oorlede toe sy jonger was.

Lees ook: Kby-hospitaal: Dokter ‘wurg’ pasiënt se seun

As jy Le Roux iewers sien of weet waar sy is, kontak 073 601 9915.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: