April 18, 2021

Gedenkdiens vir Tersia wat in treinongeluk sterf

Tersia (22) was saam met twee vriende, Jesse Isemonger (21) en Sarah Jane Nieuwoudt (24) op pad om beeste te gaan voer toe die ongeluk gebeur het.

Gedenkdiens vir Tersia wat in treinongeluk sterf (Foto's: Facebook)

Gedenkdiens vir Tersia wat in treinongeluk sterf (Foto's: Facebook)

NOORD-KAAP. – ‘n Gedenkdiens sal op 10 April om 11:00 in die Hartskroon-kerk op Ganspan gehou word vir Tersia van der Merwe.

Tersia (22) was saam met twee vriende, Jesse Isemonger (21) en Sarah Jane Nieuwoudt (24) op pad om beeste te gaan voer toe die ongeluk gebeur het.

Lees ook: Kby-hospitaal: Dokter ‘wurg’ pasiënt se seun

Volgens berigte het die vriende gestop om na ‘n skilpad aan die linkerkant van die bakkie te kyk, toe die plaaswerker wat agter op die bakkie was, alarm gemaak het oor ‘n aankomende trein aan die regterkant. Die werker kon betyds van die bakkie af spring en het nie seergekry nie.

Die ongeluk het omstreeks 12:00 op die Koopmansfontein- en Silverstreams-kruising plaasgevind.

Sarah Jane Nieuwoudt se gedenkdiens word môre gehou.

Lees ook: Soektog duur voort na 16-jarige Simoné le Roux

“Ters… Hoe is dit moontlik dat jy so vinnig van ons geneem is? Hoe sal ons ooit jou glimlag, jokes en simpel stories vergeet?” skryf Michelle-mari du Plessis op Tersia se Facebook-blad.

Begrafnisreëlings vir Jesse is nog nie bekend nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: