April 18, 2021

Soektog duur voort na 16-jarige Simoné le Roux

“Haar laaste woorde aan ons was dat haar ouma moet loop, anders gaan sy loop.”

Simoné le Roux se gedenkdiens (Foto's: Verskaf)

Simoné le Roux se gedenkdiens (Foto's: Verskaf)

KIMBERLEY. – Die soektog na die 16-jarige Simoné le Roux wat sedert Maandagoggend 08:00 vermis is, duur voort.

Simoné is ‘n graad 10-leerling aan Hoërskool Adamantia in Kimberley.

FiND iT het voorheen berig sy het kort voor sy vermis geraak het, in ‘n stryery met haar familie betrokke geraak.

Daan van Eeden, die huiseienaar by wie Simoné se ouma, Louise Nienaber, huur, sê hulle glo nie sy is ontvoer nie. “Haar laaste woorde aan ons was dat haar ouma moet loop, anders gaan sy loop.”

Lees ook: Egpaar neem sewe kinders aan na ouers in motorongeluk sterf

Nienaber sê hulle het Dinsdag ‘n saak by die polisie oopgemaak. “Hulle het gesê hulle gaan die honde-eenheid uitstuur om na haar te soek en ook haar selfoon probeer naspoor.”

Nienaber sê sy het tot dusver twee oproepe ontvang oor waar Simoné moontlik is, maar die soektogte het nog niks opgelewer nie.

Simoné se selfoon is steeds af.

Simoné het ten tye van haar verdwyning ‘n swart broek, rooi hemp, pienk baadjie en wit tekkies aangehad. As jy haar iewers sien of weet waar sy is, kontak 073 601 9915.

Lees ook: Alles wat jy moet weet na pres. Ramaphosa se toespraak Dinsdagaand

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: