April 19, 2021

Simoné le Roux (16) sedert Maandag vermis

“Haar laaste woorde aan ons was dat haar ouma moet loop, anders gaan sy loop.”

Simoné le Roux (16) sedert Maandag vermis (Foto: Verskaf)

Simoné le Roux (16) sedert Maandag vermis (Foto: Verskaf)

KIMBERLEY. – Die 16-jarige Simoné le Roux van Kimberley is sedert Maandagoggend vermis ná sy glo in ‘n stryery met haar familie betrokke geraak het.

Daan van Eeden, die huiseienaar by wie Simone se ouma, Louise Nienaber, huur, sê hulle glo nie sy is ontvoer nie. “Haar laaste woorde aan ons was dat haar ouma moet loop, anders gaan sy loop.”

Lees ook: SA’ner Adrian Nel dood in Mosambiek-aanval

Van Eeden sê hulle het sedert gister al haar vriende gekontak, maar dit het tot dusver niks opgelewer nie.

“Sy het gisteroggend 08:00 hier geloop en sy was 08:13 laas op WhatsApp. Haar selfoon is intussen afgeskakel en sy maak ook nie haar WhatsApp-boodskappe oop nie.”

Van Eeden en Nienaber is tans by ‘n maatskaplike werker en gaan dan polisiestasie toe om Le Roux as vermis te gaan aanmeld.

Lees ook: Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens

As jy Le Roux iewers sien of weet waar sy is, kontak 073 601 9915.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: