April 18, 2021

Seuntjie kry ernstige brandwonde toe hy in kookwater beland by kleuterskool

Die ma, wat uit vrees vir viktimisasie nie haar naam genoem wil hê nie, sê die onderwyser het gesê haar seun het self in ‘n bad vol kookwater geklim na hy sy broek vuilgemaak het.

Juffrou van poging tot moord aangekla na seun (2) se brandwonde (Foto: EWN)

Juffrou van poging tot moord aangekla na seun (2) se brandwonde (Foto: EWN)

JOHANNESBURG. – ‘n Paartjie baklei nou nog vir antwoorde oor hoe hulle 2-jarige seuntjie op 27 Januarie by ‘n kleuterskool verskriklike brandwonde aan sy bene opgedoen het.

Dié ouers, wie se seuntjie glo in ‘n bad warm water die ernstige brandwonde opgedoen het, vertel aan Eyewitness News dat hulle seun se pad na herstel tot dusver lank en moeilik was.

Volgens die seun se mediese verslae het hy in Januarie ernstige brandwonde aan sy bene en boude opgedoen en sukkel hy steeds om te loop.

Bad vol kookwater

Die ma, wat uit vrees vir viktimisasie nie haar naam genoem wil hê nie, sê die onderwyser het gesê haar seun het self in ‘n bad vol kookwater geklim na hy sy broek vuilgemaak het.

Lees ook: Kby – sportmeneer-verkragtingsaak uitgestel

“Ek het die onderwyser gevra wat gebeur het en sy het gesê sy het die warmwaterkraan oopgemaak en geloop en toe sy terugkom, het sy my seun in die bad gekry. Maar sy voete was nie gebrand nie,” vertel sy ma. “Nou het die storie verander. Toe ek vra oor sy voete, het sy gesê sy weet nie hoe hy gebrand het nie. Sy praat nie die waarheid nie en ek wil hê sy moet.”

Paar uur later

Boonop sê die ma die skool het haar ‘n paar uur na die insident eers gebel.

Haar seuntjie was vir twee weke in die hospitaal voordat hy ontslaan is.

Sy pa sê die emosionele letsels is duidelik in sy kind. “Hy is getraumatiseerd. Hy wil nie bad nie. Hy is so buierig en hy wil glad nie met sy maats speel nie.”

Lees ook: President Ramaphosa na verwagting aan die woord oor Paasfees-inperkings

Die seun se ma het intussen by haar werk bedank om voltyds na haar seun om te sien.

Onderwyser binnekort verhoor

Die polisie sê die onderwyser wat in hegtenis geneem is en intussen op borgtog vrygelaat is, sal binnekort verhoor word.

Die familie maak nie net kriminele sake oop teen die onderwyser nie, maar sê hulle wil die skool ook dwing om die waarheid te praat oor wat gebeur het, sodat ander kinders nie dieselfde oorkom nie.

Lees ook: Tragiese Koopmansfontein-treinongeluk eis drie jong lewens

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: