April 18, 2021

President Ramaphosa na verwagting aan die woord oor Paasfees-inperkings

Business Insider berig die ‘familievergadering’ sou Sondag (vandag) of Maandag gehou word.

Alles wat jy moet weet na Ramaphosa se toespraak Dinsdagaand (Foto: Oudtshoorn Courant)

Alles wat jy moet weet na Ramaphosa se toespraak Dinsdagaand (Foto: Oudtshoorn Courant)

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting Suid-Afrikaners toespreek oor moontlike tydelike inperkingsmaatreëls wat vir die komende Paasnaweek in plek gestel gaan word.

Business Insider berig die “familievergadering” sou Sondag (vandag) of Maandag gehou word.

Lees ook: Pa maak twee dogters groot – sonder arms of bene

Khumbudzo Ntshavheni, woordvoerder vir die regering, het gesê die nasionale koronavirus-raad vergader oor verskeie voorstelle wat die afgelope week aan hulle voorgelê is.

Sy het verder aan City Press gesê enige maatreëls, indien enige, sal slegs tydelik ingestel word.

Die inperkingsmaatreëls wat oorweeg word, is ‘n verandering aan die aandkloktye, die tye waartydens drank verkoop kan word en die beperking van byeenkomste tot slegs 50 persone.

Lees ook: Baba sterf van honger toe ma haar vir 6 dae alleen los om 18de te vier

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus in verband hiermee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: