Ten spyte van die feit dat Pablo Acuna (60) sonder arms of bene gebore is, het hy wonderbaarlik sy twee dogters sonder die hulp van hulle biologiese ma grootgemaak.
‘n Foto van Acuna wat op ‘n houtkruiwa gestoot word, het wyd op sosiale media opslae gemaak.

Sy dogters, nou 26 en 29 jaar oud, se biologiese ma het hulle verlaat toe die jongste dogter vier maande oud was.
Lees ook: Baba sterf van honger toe ma haar vir 6 dae alleen los om 18de te vier
Elida Acuna, Acuna se jongste dogter, sê: “My pa is my wêreld. Hy is my vriend en die beste pa waarvoor ek kon vra.”
Verder vertel Elida dat haar pa met alles hulp nodig het, behalwe vir die TV se afstandbeheerder en sy selfoon wat hy met sy neus kan gebruik.
“Ek het hom nog nooit hartseer of ontsteld gesien oor die situasie waarin hy is nie. Al was hy nie skool toe nie, gee hy my steeds wyse raad,” vertel sy.
Lees ook: Seun begin op 15 studeer en kry sy graad nog voor matriek
Elida het onlangs teruggetrek huis toe om na haar pa om te sien noudat sy ma (90) te oud is om dit te doen.



