April 18, 2021

Seun begin op 15 studeer en kry sy graad nog voor matriek

Seun begin op 15 studeer en kry sy graad nog voor matriek (Foto: Potchefstroom Herald)

Seun begin op 15 studeer en kry sy graad nog voor matriek (Foto: Potchefstroom Herald)

HEIDELBERG. – ‘n Matriekleerling aan Hoër Volkskool Potchefstroom het sy teologiegraad van vyf jaar na drie jaar met lof geslaag.

CJ van Niekerk was 15 jaar oud toe hy aan die Emmanuel Universiteit in Pretoria begin studeer het, berig Potchefstroom Herald.

Hy vertel hoe hy eendag by die skool ‘n Bybel langs ‘n asdrom opgetel het. “Ek het dit opgetel en die eerste vers wat ek raakgesien het, was 1 Timoteus 4 vers 12. ‘Jy is jonk, maar niemand moet dink daarom is jy nie belangrik nie. Nee, jy moet vir die gelowiges wys hoe hulle moet lewe.'”

Lees ook: Voormalige Grey PE-meneer en sportafrigter vas oor pornografieklagtes

Van Niekerk het glo vir ‘n tydjie lank gewonder oor of hy ‘n graad op so ‘n jong ouderdom moet aanpak. Toe hy sy keuringstoets met 100% slaag en iemand van die universiteit hom boonop bel en sê sy studiegelde is alles betaal, het hy geweet dis wat hy moet doen.

Verder vertel Van Niekerk aan Potchefstroom Herald dat hy die afgelope drie jaar nie ‘n vreeslike besige sosiale skedule gehad het nie, omdat hy geweet het hy moet aan sy kursus werk. “Ek het my alles gegee en my ouers was ook maar streng as dit by akademie kom.”

Van Niekerk, wat op die ouderdom van 15 reeds vir die eerste maal gepreek het, het rofweg 30 keer al gepreek.

Hy beplan om vanjaar al sy aandag op sy matriekpunte te sit. Hy beoog om ná skool medies te gaan studeer om by ‘n organisasie soos Rooikruis betrokke te raak en op dié manier mense te help.

Lees ook: Die vyf-minuut kaaskoek waarvan almal praat

Die raad wat dié talentvolle tiener aan ander gee, is: “Gryp jou drome aan, doen wat jy wil, maar maak seker dat jy baie goed beplan. Jy hoef nie grys te wees om wys te wees nie.” – Potchefstroom Herald

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: