Jy het net 4 bestanddele nodig vir hierdie heerlike mikrogolf-kaaskoek!
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 blikkie kondensmelk
2 eetlepels gesmelte botter
1 liter jogurt
Lees ook: Ma baklei in hooggeregshof vir breindood dogter se lewe
Maak die tennisbeskuitjies fyn. Meng dan die beskuitjiekrummels en botter en sprei dit uit onder in ’n bak. Meng die kondensmelk en jogurt saam en sit dit vir 2 minute in die mikrogolf. Haal die mengsel uit, roer vinnig en sit vir nog 2 minute in die mikrogolf. Gooi dit dan bo-oor die tennisbeskuitjies en laat afkoel.
Jy kan enige geur jogurt gebruik, wat die moontlikheid van verskeidenheid bied.
Lees ook: Ma van sewe gebring laaste R75 om miljoenêrsbesigheid te begin



