April 18, 2021

Ma baklei in hooggeregshof vir breindood dogter se lewe

Parfitt kon glo vroeër vandeesmaand vir ‘n rukkie buite in die son saam met haar dogter gaan sit. Pippa was aan ‘n mobiele ventilator gekoppel en daarom voel Parfitt dat haar dogter by die huis behandel kan word.

Die klein Pippa sal moontlik nie meer lank leef nie en Parfitt wil hê dat sy by die huis moet sterf. (Foto: BBC News)

Die klein Pippa sal moontlik nie meer lank leef nie en Parfitt wil hê dat sy by die huis moet sterf. (Foto: BBC News)

LONDEN. – Paula Parfitt, die ma van ‘n 5-jarige breindood dogtertjie, wil nou in die hooggeregshof gaan baklei om haar dogtertjie aan die lewe te hou.

Die 41-jarige Parfitt wil hê dokters moet haar dogtertjie toelaat om by die huis behandeling te ontvang. Dokters wat Pippa Knight by die Evelina-kinderhospitaal in Londen behandel, meen egter dat dit tyd is om haar van die lewensondersteunende masjiene af te haal.

Lees ook: So maak jy met sooibrand

Parfitt kon glo vroeër vandeesmaand vir ‘n rukkie buite in die son saam met haar dogter gaan sit. Pippa was aan ‘n mobiele ventilator gekoppel en daarom voel Parfitt dat haar dogter by die huis behandel kan word.

Die klein Pippa sal moontlik nie meer lank leef nie en Parfitt wil hê dat sy by die huis afsterf. (Foto: BBC News)
Die klein Pippa sal moontlik nie meer lank leef nie en Parfitt wil hê dat sy by die huis moet sterf. (Foto: BBC News)

“‘n Paar weke gelede het ek nie gedink hierdie uitstappies sal ooit kan plaasvind nie,” sê sy. “Ons het nou al drie keer in die afgelope week uitgekom. Dit wys jou net wat alles moontlik is. Met ‘n moderne ventilator by die huis sal dit haar soveel meer help.”

Die klein Pippa sal moontlik nie meer lank leef nie en Parfitt wil hê dat sy by die huis moet sterf.

The Society for the Protection of Unborn Children het vir prokureurs betaal om Parfitt in die hof te verteenwoordig.

Lees ook: Vlak 2-regulasies moontlik op pad

Die groep het gesê die prokureurs is tans besig om by die hof aansoek te doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: