Ma van sewe gebruik laaste R75 om miljoenêrsbesigheid te begin

Deel hierdie storie / Share this story

NASHVILLE. – Mignon Francois, ma van sewe, het vreeslik gesukkel toe sy in Tennessee saam met haar gewese man gaan woon het. Toe ‘n buurman egter die dag by haar kolwyntjies bestel, het haar lewe verander.

Die buurman het 600 kolwyntjies teen 1$ per kolwyntjie bestel. Aangesien Francois nie die geld gehad het vir bestanddele om al 600 kolwyntjies op een slag te maak nie, het hulle ooreengekom dat sy eers net 60 sou bak.

“Toe ek die deur agter my toemaak, het ek ‘n “kom-na-Jesus”-oomblik gehad en gesê: “Ernstig? Jy gee vir my hierdie geleentheid wanneer ek niks geld het nie? Ek het letterlik 5$ waarmee ek moet kos koop.”

Sy het haar 5$ (ongeveer R75) gebruik, die eerste 60 kolwyntjies gemaak en só haar 5$ in 60$ (R898) verander.

Een jaar later het sy haar besigheid begin. The Cupcake Collection is ‘n bakkery wat nou kolwyntjies, verjaardagkoeke en troukoeke maak en sowat R14,77 milj. per jaar maak. – Entrepreneur