April 19, 2021

Hoërskoolseun vermis, soektog duur steeds voort

“Dis verskriklik. Here bring asb hierdie seun ongedeerd terug huistoe.”

Hoërskoolseun vermis, soektog word vanoggend hervat

Hoërskoolseun vermis, soektog word vanoggend hervat Foto:Facebook

PAARL. – Boodskappe oor die hoërskoolseun, Emiel Smit (18), wat Woensdag in die Agter-Paarl vermis geraak het, word vanaf gisteraand oral op sosiale media versprei.

Smit is ‘n leerling aan die Hoër Landbouskool Boland. Die skool skryf op hulle Facebook-blad Smit is gister omstreeks 12:00 deur mede-leerders gesien waar hy in ‘n noordelike rigting verby die landboutegnologie-sentrum gestap het.

Hoërskoolseun as vermis aangemeld

“Sedert 13:00 gistermiddag is daar begin om na hom te soek. Sedertdien is daar geen nuwe inligting nie. Die soektog word deur die SAPS gelei. Die SAPS koördineer ook met ander groepe (sekuriteitsmaatskappye en siviele veiligheidsgroepe) wat help met die soektog,” skryf dié skool verder op Facebook.

Paarl Post skryf op Facebook in ‘n inskrywing enigiemand met inligting moet 072 409 5567 skakel.

“Dis verskriklik. Here, bring asb. hierdie seun ongedeerd terug huis toe,” skryf ‘n vrou op ‘n inskrywing oor Smit se verdwyning.

LEES OOK: Video op sosiale media wys hoe onderwyseres na bewering rondgeruk word

LEES OOK: KYK: Video waarin ‘honde-oppassers’ hond glo mishandel veroorsaak oproer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: