Video op sosiale media wys hoe onderwyseres na bewering rondgeruk word

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video wat wys hoe ‘n leerling na bewering ‘n onderwyseres aan haar hare gryp, doen die rondte op sosiale media.

Niemand weet wanneer die video geneem is nie en ook nie by watter skool hierdie voorval plaasgevind het nie. Die video het sosialemediagebruikers met baie vrae en woede gelaat.

Devon Hofmeyr, Steve Hofmeyr se seun, het ook navraag oor die video op sy blad, Bittereinders, gedoen: “Het enigiemand vir ons info oor wat hier aangaan? Watse skool en wanneer het dit gebeur? Asseblief net die regte info, niks nuttelose comments nie.”

Video op sosiale media lok verskeie kommentaar uit

Die video is al meer as 1500 keer gedeel en 322 mense het al daarop kommentaar gelewer.

”Dissipline begin tuis. Waar is die ouers? Kinders leer wat hulle sien en hoor by die huis. Wat leer hierdie kinders se ouers hulle? Stel jou die trauma voor wat die onderwyseres waarskynlik op die oomblik ervaar,” lui een van die kommentare.

“Ons onderwysers word elke dag uitgetart! Kinders het geen respek vir onderwysers vandat lyfstraf weg is nie,” sê nog een.

Enigiemand met inligting kan FiND iT by [email protected] kontak of kommentaar los.

https://vimeo.com/523453806
Video wat op sosiale media versprei word.

LEES OOK: ‘Popeye’ ondergaan operasies om arms weer normaal te laat lyk

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.