WES-KAAP. – ‘n Video wat wys hoe twee kaal mans glo deur gemeenskapslede aangerand word met ‘n polisievoertuig en beampte in die agtergrond is onlangs onder die aandag van die polisie gebring. Die video is ook sedertdien van sosiale media verwyder.
In die video staan ‘n polisiebeampte langs die voertuig. Die beampte draai dan om en word nie weer in die video gesien nie.
Interne ondersoek begin na video voorval wys
“Die bestuur van die polisie in die Wes-Kaap het kennis geneem van ‘n video wat op sosiale media versprei word. Op grond hiervan is ‘n interne ondersoek ingestel,” sê brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder.
Potelwa sê verder na ondersoeke gedoen is, het die polisie bevestig die voorval het om 06:50 die oggend van 25 Februarie 2021 by die N2 Gateway in Delft gebeur. Een van die aanrandingslagoffers is kort na die voorval in die hospitaal dood terwyl die ander een ernstige beserings opgedoen het.
Ses verdagtes verskyn weer in hof
Ses mans is na die voorval aangekla vir moord en poging tot moord. Die verdagtes se volgende verskyning sal op 9 Mei 2021 wees.
”Die interne ondersoek fokus tans op die aanvanklike reaksie van die polisie op die misdaadtoneel in ‘n poging om vas te stel of die eerste reageerders dienooreenkomstig opgetree het vandat hulle op die toneel van misdaad aangekom het. Ook of die polisie op die toneel om rugsteun gevra het en wat daarna plaasgevind het,” sê Potelwa.
LEES OOK: Nagklubbestuurders van Kimberley in hegtenis na oortreding van regulasies
Tydens die ondersoek word daar ook gekyk na wat nog op die toneel plaasgevind het wat nie op video vasgelê is nie.
LEES OOK: Reusesinkgat laat motor amper heeltemal onder water verdwyn
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



