Nagklubbestuurders van Kimberley in hegtenis na oortreding van regulasies

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Nagklubbestuurders is in hegtenis geneem nadat die polisie in Kimberley die naweek patrollie gedoen het om te verseker hulle voldoen aan die regulasies van vlak een van die Wet op Rampbestuur – dat alle nagklubs gesluit moet bly.

LEES OOK: Duitse chirurg sprinkel kokaïen op privaatdele voor seks met minnares

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die polisie het drie nagklubs in Kimberley gevind wat soos normaal sake doen. Volgens Jansen is die bestuurders in hegtenis geneem vir die oortreding van die Wet op Rampbestuur.

Nagklubbestuurders verskyn in hof

“Tydens die patrollie in Longstraat, het ‘n onbekende man, wat voorgegee het om ‘n polisiebeampte te wees, die publiek opdrag gegee om nie die perseel soos die polisie versoek het te verlaat nie.”

Dié man is ook in hegtenis geneem vir aanranding op ‘n polisiebeampte, inmenging met die uitvoering van polisiepligte en omdat hy homself as ‘n polisieman voorgedoen het.

Al vier mense wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die hof verskyn.

LEES OOK: Voer vir ‘n Boer help 100 gesinne op Loeriesfontein, kyk foto’s hier

LEES OOK: Duitse chirurg sprinkel kokaïen op privaatdele voor seks met minnares

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.