PAKISTAN. – Die populêre video-app, TikTok, is wéér in Pakistan verban nadat hulle gevoel het die app is “nadelig” vir die jeug.
TikTok was in Oktober 2020 ook in Pakistan verban. Die besluit is teruggetrek nadat dié app beloof het hulle sal seker maak alle inskrywings hou by die plaaslike wette. Pakistan het verlede jaar gevoel TikTok het nie ‘n bevredigende manier om aanstootlike video’s te blok nie.
Die telekommunikasie-owerheid het aan CNN gesê dat TikTok verbied word nadat ‘n provinsiale hof in Peshawar Donderdag gevra het dat die platform onmiddellik verwyder moet word.
LEES OOK: Meisie aangerand en verkrag, kêrel gevonnis
LEES OOK: Luukse motors beskadig – saak vir eers teruggetrek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



