Luukse motors beskadig – saak vir eers teruggetrek

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die saak teen die 10 mans wat na bewering deel was van die groep wat luukse motors by The Toy Shop beskadig het, is teruggetrek.

LEES OOK: Mercedes-Benz-bestuurder trek glo geld met verskillende Sassa-kaarte

FiND iT het verlede maand berig van CCTV-materiaal wat op Facebook en Twitter gedeel is. Dit wys hoe gemaskerde mans ’n motorhandelaar binnestorm en luukse sportmotos met voorwerpe begin slaan en skade aanrig.

Verskeie luukse motors beskadig

Onder andere is motors soos ’n Lamborghini, Porsche, Aston Martin, Landrover en Jaguar beskadig.

Die 10 verdagtes, tussen die ouderdom van 20 en 50, het vroeër die week in die hof verskyn op aanklag van roof, poging tot roof en kwaadwillige saakbeskadiging. Die verdagtes is as Luke Pretorius (22), Mogamat Stellenboom (25), John Fernandez (27), Adiel Paul (27), Simon Stanfield (42), Jonathan Peterson (43), Anzio Arnolds (41), Keith September (47), Jeffrey Pitolo (45) en Kevin Kiddo (27) geidentifiseer.

Saak teruggetrek

Volgens Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, het die staat die saak teruggetrek vir verdere ondersoek. Na dié ondersoek sal hy dit weer voor die hof kan dien.

LEES OOK: Burger King twiet: ‘Vrouens hoort in die kombuis’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus