Luukse motors beskadig, CCTV-materiaal wys voorval by motorhandelaar

Daar word beweer minibus-taxi’s het glo buite die perseel gestop waar die 40 gemaskerde mense uitgeklim het.

Luukse motors vernietig, CCTV-materiaal wys voorval by motorhandelaar

Luukse motors vernietig, CCTV-materiaal wys voorval by motorhandelaar

KAAPSTAD. – Luukse motors is vernietig en CCTV-materiaal wat gister op Facebook en Twitter gedeel is, wys hoe gemaskerde mans ’n motorhandelaar binnegaan en dié motos met voorwerpe begin slaan en skade aanrig.

Twitter-inskrywing van die CCTV-materiaal wat wys hoe luukse motors beskadig word.

SABC-nuus het die motorhandelaar as The Toy Shop in Kaapstad geïdentifiseer. Daar word beweer minibus-taxi’s het glo buite die perseel gestop waar die 40 gemaskerde mense uitgeklim het.

SABC-nuus berig twee van die mans het glo daarop aangedring dat hulle twee van die motors wil hê. Hulle versoek is glo geweier en hulle het begin om die voertuie te beskadig.

Onder andere is motors soos ’n Lamborghini, Porsche, Aston Martin, Landrover en Jaguar beskadig.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

LEES OOK: Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: