Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem

Hy het homself daarna in die kop geskiet.

Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem

Foto: Skermgreep

VANDERBIJL. – ’n Matriekseun, Nathan Hebler (18), het in die hospitaal aan sy beserings beswyk nadat hy glo drie keer in die bors deur die man wat sy eie lewe by die petrolstasie geneem het, geskiet is.

Matriekseun en sy pa

Die matriekseun se pa was ook by hom tydens die skietery. Hulle twee was by ’n kitskosrestaurant. Die pa is in die maag geskiet en na ’n hospitaal vir ‘n noodoperasie geneem.

FiND iT het gister berig oor ’n video wat die rondte doen waarin ’n man in ’n gestampte BMW by ’n petrolstasie aankom, uit die motor klim en sy vuurwapen op homself rig en homself in die kop skiet. Die man het na bewering eers op verskeie ander mense in Vanderbijl geskiet.

Op omstanders by restaurant geskiet

Waarskuwing: Video nie vir sensitiewe kykers nie.

Kyk hier na die video van die skietery by die petrolstasie:

https://fb.watch/3rjKlzkSwY/

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê behalwe vir die seun en sy pa is nog ’n persoon beseer toe die verdagte hom omgery het.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer die man het ook sy vrou en kinders voor die voorval geskiet, maar dit moet nog bevestig word. Volgens Makhubela het die man ook glo op omstanders by ‘n kitskosrestaurant geskiet.

OPVOLGBERIG VAN – Skietvoorval by petrolstasie – skiet glo eers mense toe homself

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: