PRIESKA. – Twee tieners van onderskeidelik 15 en 16 jaar oud is vermis nadat hulle Sondag 31 Januarie 2021 in die Oranjerivier geswem het.
Die riviervlakke het sedert Sondag geweldig gestyg.
LEES OOK: Een se lewe is ’n ander se dood
Lt.kol. Dimikatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die tieners, Leonie Olivia Good (16) en Ronaldhino Melligan Joodt (15) is sedert Sondag vermis nadat hulle deur ’n inwoner gesien is terwyl hulle in die rivier geswem het.
Die polisie se soek-en reddingspan is tans besig om na die kinders te soek.
Lees meer artikels hier.



