Een se lewe is ’n ander se dood

Maskers wat lewens help red tydens die koronaviruspandemie word nou ’n groot bedreiging vir die natuurlewe. Weggooibare maskers lê die wêreld vol gesaai. Jy trap daarop in die stad, dit lê langs die pad en besoedel die oseaan. ’n Weggooibare masker wat net een keer gedra is, kan jare neem om te ontbind.

Die feit dat meeste mense nie ordentlik van hul vullis ontslae kan raak nie, is ’n oeroue probleem.

Maskers wat net neergegooi word, kan ’n dier sy lewe kos. Voëls en seediere, sowel as huisdiere kan aan die maskers verstik en vassit.

Knip die toutjie

Ons almal kan ons deel doen om te verseker ons maskers kos nie die lewe van ’n dier nie.

Dit kan gedoen word deur maskers behoorlik weg te gooi en te verseker die rekkies is gesny sodat diere nie daarin kan vassit nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: