Vyf heerlike en vinnige vingerkosresepte

Vyf heerlike vinger kos resepte. Foto: Frank Zhang

Vyf heerlike vinger kos resepte. Foto: Frank Zhang

Wie hou nie van vingerkos nie? Dit is vinnig en maklik om te maak, perfek vir elke geleentheid en altyd lekker.

Hier is vyf heerlike resepte vir vingerhappies om jou gaste mee te verbaas.

  1. Toegedraaide spek-hoender-mozzarellastokkies

Bestanddele (vir agt porsies)

2 koppies tamatiesous
1 koppie tamatiepuree
1 koppie appelasyn
1 teelepel mosterd
½ koppie ligbruin suiker
½ koppie witsuiker
8 hoenderstukkies sonder been en vel
8 stokkies mozzarellakaas
8 snye spek
1 eetlepel vars pietersielie, vir bediening

Voorbereiding

Maak die marinade: kombineer die tamatiesous, tamatiepuree, appelasyn, mosterd, ligbruin suiker en korrelsuiker in ‘n medium bak. Hou ‘n ½ koppie van die mengsel eenkant vir die glans en een ander ½ koppie vir die dip.

Kap die hoenderstukkies plat. Plaas ‘n groot stuk kleefplastiek daaroor en gebruik ‘n vleishamer of deegroller om die hoender saggies tot ongeveer 3 mm dik te kap/rol.

Verwyder die kleefplastiek en plaas die hoenderstukkies in die oorblywende marinade. Bedek en plaas in die yskas vir een uur.

Voorverhit die oond tot 200°C.

Haal hoender uit die yskas. Draai ‘n stuk hoender om ‘n mozzarellakaasstokkie. Neem ‘n strook spek en draai dit om die hoender. Herhaal dit met die oorblywende hoenderstukkkies.

Plaas die hoenderstukkies op ‘n bakplaat. Bak vir 20 minute of tot effens bros. Draai hoender na 10 minute om.

Haal die hoender uit die oond en borsel dit mildelik met die glans. Bak nog 10 minute of tot heeltemal bros.

Haal dit uit die oond, bedek dit met gekapte pietersielie, en sit dit voor met die dip.

  1. Pizzabomme

Bestanddele (vir 16 balle)

3 eetlepels botter, om die pan mee te smeer
1 blik (465 g) Today-koekiedeeg
pastasous
gesnyde pepperoni
225g mozzarellakaasbal, in blokkies gesny
botter, gesmelt
2 knoffelhuisies, fyngemaak
sout, na smaak
peper, na smaak
1 eetlepel Italiaanse geurmiddels
gekerfde parmesaan, vir bolaag

Voorbereiding

Voorverhit die oond tot 190°C. Sit bakpapier in ‘n bakplaat en smeer met botter.

Sny elke koekie in die helfte. Druk elke helfte met jou duim in ‘n sirkel.

Plaas ‘n druppel pastasous, een stukkie pepperoni en een blokkie mozzarellakaas in die middel van elke beskuitjiesirkel.

Bring die kante op en oor, druk dit vas en sorg dat daar geen gapings vir die vulsel is nie. Sit die pizzabomme op die voorbereide bakplaat.

Meng die gesmelte botter, knoffel, sout, peper en Italiaanse geurmiddels in ‘n klein bakkie.

Smeer die bottermengsel op elke pizzabom en strooi die parmesaan oor.

Bak vir 15-20 minute, totdat die bomme mooi bruin is.

Sodra dit koel genoeg is om te hanteer, bedien dit saam met pastasous.

  1. Gebraaide hoenderpotjieballe

Bestanddele (vir vier porsies)

6 eetlepels botter
1 hoenderbors sonder been en vel
½ ui, in skywe gesny
1 wortel, in blokkies gesny
¼ koppie ertjies, gaar
6 eetlepels meel
sout, na smaak
peper, na smaak
2 koppies melk

Broodbedekking

meel, soos benodig
eier, soos benodig
broodkrummels, soos benodig
olie, om te braai

Voorbereiding

Smelt die botter in ‘n kastrol oor matige hitte.

Sodra die botter gesmelt is, kook die hoender tot dit nie meer pienk is nie, ongeveer ses to sewe minute.

Voeg die gesnyde ui by en kook tot deurskynend en sag, ongeveer vier tot vyf minute.

Voeg wortels en ertjies, wat in blokkies gesny is, by en kook vir een tot twee minute.

Strooi meel in die mengsel. Roer tot goed gemeng, en geur dan met sout en peper.

Voeg die melk by en roer aanhoudend totdat die mengsel verdik.

Plaas die mengsel in ‘n vlak hittebestande houer. Verkoel tot kamertemperatuur en verkoel dan minstens een uur in die yskas.

Gooi ‘n lepel mengsel in die meel. Bedek dit met meel en vorm dit tot ‘n plat sirkel vorm. Bedek dit met eier en doop dit dan in broodkrummels.

Verhit olie in ‘n kastrol.

Voeg die hoenderpotballe een vir een by en braai tot goudbruin.

  1. Gebraaide Mac ‘n kaasstokkies

Bestanddele (vir 30 stokkies)

225 g elmboogpasta
4 eetlepels botter
2 ¼ koppies meel
2 koppies melk
1 teelepel sout
½ teelepel swartpeper
2 koppies gerasperde skerp cheddarkaas
grondboontjie- of groente-olie, vir braai
4 eiers, geklits
2 koppies broodkrummels

Voorbereiding

Bring drie liter water in ‘n medium kastrol tot kookpunt en kook die elmboogpasta. Roer af en toe vir ses tot sewe minute, of tot al dente.

Smelt die botter in ‘n kastrol oor matige hitte en roer ¼ koppie meel vir twee minute in om ‘n ligte roux te maak.

Voeg die melk by en geur die mengsel met sout en peper. Roer aanhoudend totdat die sous heeltemal verdik. Voeg die kaas geleidelik by en roer tot dit heeltemal gemeng is. Voeg laastens die gaar pasta by en roer totdat die noedels goed bedek is.

Haal die Mac ‘n kaas van die hitte af en gooi dit op ‘n bakplaat met bakpapier. Smeer eweredig en vries vir twee uur.

Verhit olie in ‘n kastrol.

Sny die gevriesde Mac ‘n kaas in ongeveer drie duim lang stokkies. Doop die stokkies in die oorblywende twee koppies meel, dan die eier en dan die broodkrummels.

Braai die stokkies vir twee tot drie minute of tot goudbruin, dreineer dan op papierhanddoeke en strooi sout oor. Sit dadelik voor.

  1. Mozzarellastok-uieringe

Bestanddele (vir nege uieringe)

2 groot wit uie
3 snye mozzarellakaas
2 koppies meel
5 eiers
2 koppies broodkrummels
olie, vir braai
pastasous

Voorbereiding

Skil en sny die uie in ringe van een sentimeter. Skei die ringe van mekaar.

Sny die mozzarella in vier eweredige repies.

Plaas ‘n kleiner uiering in die middel van ‘n groter ring.

Vul die gaping tussen die ringe met die mozzarellastroke. Gebruik ekstra lae kaas vir ekstra kaas. Herhaal met oorblywende uieringe en vries vir een uur.

Plaas die meel, eiers en broodkrummels in drie afsonderlike bakkies.

Smeer eers elke voorbereide ring in die meel. Doop dan in die eier, dan die broodkrummels, dan weer die eier, en ‘n laaste keer in die broodkrummels. Herhaal dit met die orige uieringe en plaas dit in die vrieskas.

Vul ‘n groot kastrol met olie en sit op medium hoë hitte.

Braai die ringe tot goudbruin, pasop dat jy dit nie te lank braai nie, want die kaas kan heeltemal uitloop.

Dreineer dit op ‘n papierhanddoek en sit dit voor saam met pastasous.

Bron: https://tasty.co/

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: