Onthoofde ma van ses na ses maande nog nie begrawe nie

STRANDFONTEIN. – Die familie van die onthoofde ma van ses, Patricia Williams, sê sy is na ses maande steeds nie begrawe nie.

Onthoofde ma van ses steeds nie begrawe nie.

Na ses maande is die onthoofde ma se liggaam steedsnie begrawe nie

STRANDFONTEIN. – Die familie van die onthoofde ma van ses, Patricia Williams, sê sy is na ses maande steeds nie begrawe nie.

Volgens Daily Voice is die onthoofde ma wat nog nie begrawe is nie, se liggaam in Augustus tussen bosse naby Strandfontein gevind. Haar suster Sharon Hermanus (46) sê die familie smeek owerhede van Soutrivier-lykshuis om klaar te maak met die ondersoek sodat hulle haar liggaam kan begrawe. Hermanus sê haar suster spook by haar en vra om begrawe te word.

Hermanus sê die familie het nie geweet Williams is vermis nie, aangesien sy by haar kêrel gewoon het en hulle haar min gesien het.  Hermanus sê sy het soms by hulle opgedaag, dan het sy vir haar kos gegee. “Ek het haar altyd gevra om by ons te kom bly, want sy het my altyd vertel van wat by die huis aangaan.”

Die familie het die storie van die onthoofde vrou in die koerant gesien en na ’n tyd is Williams se oudste dogter (17) vir DNA-toetse gestuur en dit is bevestig dat dit hulle familielid se liggaam is.  

Lees meer artikels hier.

Die familie is gereed vir die begrafnis

Hermanus sê John Retief van die lykshuis het gesê daar is nog toetse wat hulle moet doen en hulle sal haar op hoogte hou, maar sy het nie weer van hulle gehoor nie. “Ek het hulle gebel, maar hy was glo met verlof.” Hermanus sê hulle het reeds donasies vir die begrafnis gekry.  “
“Hulle het vir my gesê die speurder moet kom, maar elke keer as ek hom bel of ‘n boodskap stuur, ignoreer hy my.” Sy sê in haar drome vra haar suster haar: “Hoe lank nog?”

Die gesin wil graag die liggaam van die onthoofde ma van ses begrawe sodat haar kinders vrede kan kry.

Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, het die gesin versoek om ‘n amptelike klag in te dien. “Hulle moet ook aandring op die vordering van die ondersoek.”

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: