Unisa-studente gaan een lang kwartaal hê

Foto: EWN

PRETORIA. – Studente is ongelukkig oor die besluit wat die universiteit geneem het om die jaar net een lang kwartaal te hê.

Volgens IOL het Wadzanai Mazhetese, president van die studenteraad, gesê hulle het baie klagtes vanaf studente ontvang oor die sogenaamde super-kwartaal.

Die instituut het besluit dat daar geen middeljaareksamens sal plaasvind nie. Die besluit is geneem omrede die universiteit baie later as gewoonlik die akademiese jaar gaan afskop om matrikulante te akkommodeer. Eksamens sal eers later in die jaar geskryf word.

Sommige studente sê hierdie besluit moes hul glad nie beïnvloed nie, aangesien hul niks met die eerstejaarstudente te doen het nie. Die studente het ’n petisie begin en het alreeds meer as 11 000 handtekeninge gewerf.

Volgens die studente gaan hulle 10 eksamens in November en Desember moet skryf, wat gaan veroorsaak dat hulle meer studieverlof in een maand moet neem en dit kan lei tot finansiële probleme. Die studente sê die besluit gaan die welstand van studente en hul families negatief beïnvloed.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, sê  die akademiese jaar sal in Maart begin na die vrystelling van die matrieks se resultate.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: