JOHANNESBURG. – Beki Cele, minister van polisie, sê daar moet opgetree word teenoor die senior offisier wat nie die premier Refilwe Mtsweni-Tsipane gearresteer het toe sy versuim het om ’n masker by die begrafnis van wyle minister Jackson Mthembu te dra nie.
Volgens IOL sê Cele dat die polisiebeampte die premier moes gearresteer het toe die voorval gebeur. Lt.-genl. Mondli Zuma, Mpumalanga-polisiekommissaris, het glo Maandag vir premier Tsipane Maandag gearresteer. Sy is gearresteer omrede sy nie in die aangepaste wet van die vlak drie inperking opgetree het nie. Cele sê: “Ek het ‘n verslag van kommissaris Zuma ontvang. Ek is tevrede met die verslag. Die kommissaris het die premier na die polisiekantoor begelei waar sy skriftelik kennis gegee is om voor die hof te verskyn. Die premier verkies om ‘n boete te betaal. Dit was die magistraat se goedgekeurde boete. Die premier het die boete betaal en haar vingerafdrukke is geneem. Sy het ‘n kriminele rekord vir haarself geskep.”
Hy was vasbeslote dat Mtsweni-Tsipane dieselfde as die res van Suid-Afrikaners, wat die wet oortree, behandel is. Cele sê: “Ek wag op ‘n verslag van die kommissaris oor die polisiebeampte wat nie haar grondwetlike verpligtinge by die begrafnis verrig het nie.”



