Video wys skietvoorval by petrolstasie – skiet glo eers mense toe homself
Uit die motor klim en sy vuurwapen op homself rig

Foto: IOL, Gauteng-polisie by die petrolstasie in Sharpville
GAUTENG. – ’n Video wat die rondte doen wys hoe ’n man in ’n gestampte BMW by ’n petrolstasie in die Vaal Driehoek aankom, uit die motor klim en ’n vuurwapen op homself rig. Hy het homself daarna in die kop geskiet.
Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die man het na bewering verskeie mense in Vanderbijlpark geskiet voor hy by die petrolstasie aangekom het. Dit is nog onduidelik hoeveel mense hy geskiet het.
Die man in die video is nog nie geïdentifiseer nie en die polisie ondersoek tans die saak.
LEES OOK: Verkragter vas na hy vyf jaar slagoffers teiken
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.