JOHANNESBURG. – Die verkragter, Evaton Lebohang Mofiri (32), is na vyf jaar skuldig bevind aan vier aanklagte van verkragting, vier aanklagte van seksuele misdrywe, drie aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en twee aanklagte van die onwettige besit van ammunisie.
Lewenslange tronkstraf
Mofiri is deur die Palm Ridge-streekshof gevonnis tot twee lewenslange tronkstraf en 114 jaar gevangenisstraf vir verskillende ernstige oortredings.
Vyf jaar sy slagoffers geteiken
Volgens Lumka Mahanjana, polisiewoordvoerder, het Mofiri die oortredings tussen 2014 en 2019 in die Vanderbjlpark en Evaton-omgewing gepleeg. Mahanjana sê hy het sy slagoffers gewoonlik in hul eie huise, openbare plekke en naby ’n veld geteiken.
Verkragter is gevonnis
Die aanklaer, advokaat Mokgaetji Juliet Makgwatha, het gesê die misdrywe wat deur Mofiri gepleeg is, ’n klassieke geval van geslagsgebaseerde geweld is en hy het geen ag geslaan op die wet en sy waardigheid van sy slagoffers nie, daarom moes die minimum vonnis opgelê word.
Lees ook vandag: Worcester juig – drie verdagtes vas na Munnik se moord
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



