Worcester juig – drie verdagtes vas na Munnik se moord

WORCESTER. – Die polisie het drie verdagtes vir die moord op Charl Munnik (44) wat verlede Vrydag in sy juwelierswinkel doodgeskiet is, in hegtenis geneem.

Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, sê een van die verdagtes het gister reeds in die hof verskyn terwyl die ander twee vandag sal verskyn. Besonderhede van die hegtenisneming en die ouderdomme van die verdagtes is nog nie bekendgemaak nie.

Volgens die polisie is hulle nog op soek na ‘n vierde verdagte. Die vier verdagtes het glo vanaf Munnik Juweliers in Hoogstraat met ‘n onbekende bedrag geld gevlug.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: