February 28, 2021

Gesteelde vee lei tot skietery

Foto: Pixabay

JOHANNESBURG. – ’n Skietgeveg het hier plaasgevind nadat patrollerende polisiebeamptes 10 bokke, wat vermoedelik gesteel is, in ‘n taxi gekry het.

Volgens IOL het die skietvoorval Dinsdagoggend plaasgevind toe twee patrollerende polisiebeamptes ’n verdagte rooi Toyota Quantum opgemerk het.

Lt.-kol. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die polisiebeamptes het die voertuig gestop en het afgekom op die 10 bokke in die taxi. Daarna is die polisiebeamptes deur die insittendes van die voertuig begelei na waar hul verdagte medepligtiges gewag het met nog 10 bokke en 10 skape.

By hulle aankoms het die medepligtiges gesien die twee verdagtes word deur die polisie begelei en dis toe dat hulle op die polisiebeamptes begin skiet het.

Die polisiebeamptes het teruggeskiet en een van die verdagtes is doodgeskiet. ’n Polisiebeampte is beseer en is in die hospitaal. Twee van die ander verdagtes het weggehardloop.

Twee onwettige gewere is gekonfiskeer. ’n Ondersoek is aan die gang om vas te stel of die gearresteerde verdagte en die wapens met ander misdade verbind kan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: