Voila! ‘n Ete in ‘n messelkruik

Voila! ‘n Ete in ‘n messelkruik. Foto: Ella Olsson

Voila! ‘n Ete in ‘n messelkruik. Foto: Ella Olsson

Daar is meer en meer mense wat begin om etes in ‘n messelkruik te maak, so duidelik is daar vele voordele gekoppel aan hierdie maklike manier van maaltydvoorbereiding.
 
Etes in ‘n messelkruik word vooraf voorberei en maaltye bly tot vyf dae vars.
 
Die ideale ete bestaan uit slaaisous (laag een), wortels, bone, soetrissies en kekerertjies (laag twee), broccoli, sampioene, tamaties en avokado (laag drie), neute en kaas (laag vier), quinoa of vleis (laag vyf), en blaarslaai en spinasie (laag ses).
 
Die voordele sluit in dat jy meer georganiseerd is, dit bespaar tyd, jy is minder gestres in die oggend (geen tyd om te wonder wat om te eet en wanneer nie), jy eet gesonde en onverwerkte kos op ‘n konsekwente basis, en jy sal meer energie hê omdat jy beter eet.
 
Deel jou gunstelingete in ‘n messelkruikresep met ons.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: