Drie bestanddeel maalvleisbolletjies

Die meeste mense dink dit is moeilik om maalvleisbolletjies te maak. Hier is ’n maklike resep wat net drie bestanddele benodig.
Bestanddele:
- 1 kg maalvleis
- 250 ml room
- 1 pakkie bruin uiesop
Metode:
- Meng al die bestanddele goed saam en vorm in balletjies en plaas in ‘n plat oondvaste bak.
- Voorverhit die oond by 180°C.
- Bak in die oond tot gaar.