Drie bestanddeel maalvleisbolletjies

Deel hierdie storie / Share this story

Die meeste mense dink dit is moeilik om maalvleisbolletjies te maak. Hier is ’n maklike resep wat net drie bestanddele benodig.

Bestanddele:

  • 1 kg maalvleis
  • 250 ml room
  • 1 pakkie bruin uiesop

Metode:

  • Meng al die bestanddele goed saam en vorm in balletjies en plaas in ‘n plat oondvaste bak.
  • Voorverhit die oond by 180°C.
  • Bak in die oond tot gaar.