Winkeleienaar verkrag glo 4-jarige
Om ’n kind te verkrag, is so goed soos om daardie kind se drome dood te maak.

Foto: CANVA
VRYSTAAT. – ’n Winkeleienaar sal na verwagting vandag in die Bethlehem-hof verskyn op aanklag van verkragting van ’n 4-jarige kind.
Winkeleienaar
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die kind het glo begin vreemd optree, waarna die ma ondersoek ingestel het. Die kind het later aan die tannie gesê die winkeleienaar het glo seksuele omgang met haar gehad.
Maak ’n kind se drome dood
Lt.genl. Baile Motswenyane het ook sy ontevredenheid oor die voorval uitgespreek. “Om ’n kind te verkrag, is so goed soos om daardie kind se drome dood te maak en haar trots en toekoms weg te neem. Ons sal nie enige vorm van geslagsgeweld, insluitend verkragting, verdra nie.”
LEES OOK: Verkragter vas na hy vyf jaar slagoffers teiken
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.