Man verdrink toe hy kind wou red

Deel hierdie storie / Share this story

WILDERNIS. –  ’n Man (46) het Saterdag 30 Januarie 2021 by die Swartvleimeer naby Wildernis verdrink toe hy ’n kind wou red wat glo besig was om te verdrink.

Die man het onder die water ingegaan en nie weer opgekom nie. ’n Omstander het die man se liggaam uit die meer uitgetrek en KPR begin. Nooddienste het die man op die toneel dood verklaar.

Die oorledene se 13-jarige dogter en drie neefs, van onderskeidelik 13,12 en ses jaar oud, is in die polisie se sorg geneem.