February 28, 2021

Greyhound se wiele draai vir laaste keer na 35 jaar

Verder sê die maatskappy alle kaartjies wat vir na 14 Februarie geboek is, sal terugbetaal word.

Greyhound se wiele draai vir laaste keer na 35 jaar

Foto: Greyhound facebook

SUID-AFRIKA. – Greyhound en Citiliner wat albei aan Unitras, ’n filiaal van Kap Industrial, behoort, het gister op hulle webtuiste aangekondig hulle sal hul laaste rit op 14 Februarie aanpak.

Die busmaatskappy het reeds voor die Covid-19-pandemie kopers gesoek vir die vervoerafdeling en lê die finale besluit om te sluit voor die deur van die pandemie.

Greyhound bedank ondersteuners

“Die impak van die Covid-19-regulasies wat die interprovinsiale vlakke van reis beperk en die sluiting van die Zimbabwiese en Mosambiekse grense het die situasie vererger,” sê Unitrans Passenger in ‘n verklaring.

In die verklaring op Greyhound se Facebook-blad bedank hulle almal wat hulle in die 37 jaar ondersteun het. Verder sê die maatskappy alle kaartjies wat vir na 14 Februarie bespreek is, sal terugbetaal word.

OOK VANDAG IN DIE NUUS: Covid-19-inentings, gesondheidswerkers moet registreer

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: