February 25, 2021

Onderwyser kry na ses jaar tronkstraf vir seksuele aanranding van leerder

Onderwyser kry na ses jaar tronkstraf vir seksuele aanranding van leerder

Onderwyser kry na ses jaar tronkstraf vir seksuele aanranding van leerder

Foto: Kalinga Tv

KURUMAN.- Ses jaar tronkstraf is ’n onderwyser van hier opgelê vir die seksuele aanranding van ‘n leerder van sy skool ses jaar gelede.

Volgens Eyewitness News het Allan Reed (58) in Februarie 2015 ’n leerder (12) wat na sy klas gekom het vir hulp, seksueel aangerand.

Lees meer artikels hier.

Die streekhof op Kuruman, in die Noord-Kaap, het die 58-jarige Allan Reed ses jaar tronkstraf gegee waarvan twee jaar opgeskort is.

Lt.kol. Dimakatso Mooi van die polisie het gesê: “Die provinsiale hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in die Noord-Kaap het die Kuruman FCS-bevelvoerder geprys vir haar toewyding en harde werk, wat gelei het tot die opsluiting van die oortreder.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: