‘Oscar Pistorius’-voorval, man misgis ook glo vrou as indringer

Sy vrou is met twee skietwonde in die bors op die toneel dood verklaar.

Oscar Pretorius-voorval, man misgis ook glo vrou as indringer

Foto: CANVA

GAUTENG. – Oscar Pistorius het destyds beweer hy het sy meisie met ’n indringer misgis. Mosa Ntsibande (33) het ook glo gedink sy vrou Hlengiwe Msimango (29) is ’n inbreker toe hy ’n skadu in die kamer sien.

Ntsibande beweer hy het wakker geword van mense in die tuin waarna hy met sy vuurwapen na buite geloop het. Toe hy teruggaan kamer toe het hy ’n skaduwee in die kamer gesien.

Sy vrou is met twee skietwonde in die bors op die toneel dood verklaar.

Soos Oscar Pistorius-skietvoorval

Die Msimango-familie prokureur sê al wat nou bepaal moet word is of Ntsibande opsetlik of per ongeluk sy vrou geskiet het.  Ntsibande is intussen uit op borg van R10 000 en sal na verwagting weer in April in die hof verskyn.

LEES OOK VANDAG: Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: