Student begin skarefonds vir vriendin nadat pandemie finansiering beëindig

Student begin skarefonds vir vriend nadat pandemie finansiering beëindig. Foto: Andrew Neel

Student begin skarefonds vir vriend nadat pandemie finansiering beëindig. Foto: Andrew Neel

Marlize Labuschagne het gehoor dat haar vriendin en mede- MA-student in opvoedkundige sielkunde, Sitile Khoza, die risiko loop om haar plek in die program te verloor weens finansiële beperkinge.

Sitile is in die meestersgraadprogram aanvaar en het gehoop om ‘n beurs te kry om haar studie en akkommodasie te dek. Haar plan was ook om ‘n ekstra inkomste te verdien deur te tutor en ander deeltydse werk.

As gevolg van die pandemie kon sy geen finansiering kry nie en haar vermoë om ‘n ekstra inkomste, wat groot genoeg sou wees om hierdie uitgawes te dek, te verdien, het ook weggesak.

Alhoewel sy die grootste deel van haar jaar tuis deurgebring het en deelgeneem het aan aanlynleer, verwag die universiteit steeds dat sy moet betaal. Totdat Sitile haar agterstallige fooie vir 2020 kan betaal, kan sy nie registreer vir haar tweede en laaste meestersjaar nie.

Sitile is lief vir haar gemeenskap. Sy sal ‘n buitengewone opvoedkundige sielkundige wees en het drome om hierdie vaardighede na die landelike gebiede van Suid-Afrika te neem.

Sy het ‘n hart vir verandering en bemagtiging, soos bewys is deur haar betrokkenheid by sake soos die sentrum vir die studie van vigs. Sy was ook vrywilliger vir die Verenigde Nasies, Suid-Afrika.

Sitile het twee honneursgrade suksesvol voltooi en sy het verlede jaar, ondanks vele uitdagings, hard gewerk om al haar modules te slaag.

Die fondse wat deur hierdie skarefonds ingesamel word, sal Sitile se studie- en akkomodasieskuld vir 2020 dek, asook die betaling vir haar registrasie in 2021. Sou meer as die teiken ingesamel word, sal dit betaal vir haar studie en verblyf vir 2021.

Labuschagne dra by tot die veldtog deur te belowe om 1 km te hardloop vir elke R100 wat vir haar vriendin ingesamel word. Sy beplan om die skarefonds een keer per week na te gaan en dan die volgende week die kilometers te hardloop.

Sy wil hê mense moet verstaan sy is nog lank nie fiks nie en hierdie uitdaging sal nie net haar vriendin help nie, maar haar druk om gesond en fiks te word.

Bron: Good Things Guy

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: