Vreemde man ontbloot homself in video-oproep

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (50) van die Noord-Kaap is vanoggend om 01:17 wakker gebel.

Deur die slaap en yskoud geskrik, antwoord sy toe die video-oproep.

“Natuurlik skrik jy wakker as jou foon lui. Mens dink daar is iets fout as iemand jou in die nag kontak.”

Sy het die oproep geantwoord en gesien dis ’n man wat homself aan haar ontbloot.

“Ek het die foon na my man toe gegooi en geskree ‘druk dood’!”

Sy wil ander mense waarsku om nie oproepe van dié nommer te aanvaar nie. Dit blyk die nommer is ’n Marokko-nommer. Sy wil nie haarself identifiseer nie, aangesien sy steeds aan skok ly en nie nog sulke oproepe wil ontvang nie.

Het so iets al met jou gebeur? Stuur ’n e-pos aan [email protected].