FLORIDA. – ‘n Man (27) is hier doodgeskiet nadat hy vir die polisie weggejaag het en voorgegee het hy het ‘n vuurwapen by hom.
Die Mail Online berig Dylan Ray Scott het glo voorheen in ‘n brief aan sy ma gesê hy wil doodgaan deur middel van “selfmoord” deur ‘n polisieman.
Polisie beveel hom om sy hande in die lug te hou
Beeldmateriaal wys hoe Scott vir die polisie wegjaag en daarna in ‘n ander motor vasjaag. Nadat hy aangekeer is, het die polisie hom beveel om sy hande in die lug te hou. Hy het geweier en gesê hy het ‘n pistool. Nadat hy ‘n skielike beweging gemaak het, is hy doodgeskiet. By verdere ondersoek is bevind hy het nié ‘n pistool gehad nie.
Scott het ‘n vorige oortreding van aanranding van ‘n polisiebeampte gehad en was vir diefstal gesoek voordat hy aangekeer is.



