Hier is ‘n baie maklike en vinnige resep vir reënboog-spaghetti. Hou jou kleinding só besig!
Maak die spaghetti gaar soos jy normaalweg sou. Voor jy die water dreineer, deel die spaghetti saam met die kookwater in ’n paar houers. Gooi ’n paar druppels kleursel van jou keuse by elke houer. Laat staan dit tot die spaghetti volgens jou genoeg kleur het en siedaar!




