Galloway-saak tot Januarie uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Hansie Galloway, die vorige eienaar van Shadow’s Pub & Grill in Kimberley, het vandag in die landdroshof in Kimberley verskyn. Die saak is tot 15 Januarie 2021 uitgestel.

Galloway staan tereg op die aanklag van seksuele aanranding. Hy het na bewering ‘n meisie in 2015 gemolesteer. Die meisie was ten tye van die misdryf vier jaar oud. Die meisie se ma het in 2015 ‘n klag teen Galloway gelê.