September 27, 2021

Twitter-moordenaar kry doodstraf

Foto: BBC

Takashiro Shiraishi (30) het vandag in ’n hof in Tokyo die doodstraf gekry na hy nege jongmense op Twitter genader het oor hulle planne om selfdood te pleeg en hulle toe doodgemaak het.

Shiraishi is in Oktober 2017 in hegtenis geneem na dit aan die lig gekom het dat hy jongmense wat op Twitter plasings gemaak het oor selfdood, genader het en vir hulle gesê het dat hy hulle met hulle planne kan help of saam met hulle sal doodgaan.

Sy slagoffers was almal tussen die ouderdom van 15 en 26 jaar oud en agt was vroulik.

Die polisie het sy woonstel deursoek en het op die slagoffers se liggame afgekom.

Toe Shiraishi in die hof verskyn het, het sy regsverteenwoordigers hom verdedig deur te sê sy slagoffers wou in elk geval doodgaan en het daarom ingestem dat hy hulle doodmaak.

Die argument is verwerp en hy is met die doodstraf gevonnis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *